Ons is reg binne-in herfs en die weervoorspellings maak mens sommer bang! Vandag skyn die sonnetjie nog so effens deur die wolke en is dit so 18 grade, maar van hier af is die afdraande vir die res van die week - bewolk, winderig en kouerig (tot net so 12 grade dalk).
Maar dis seker onnodig om altyd oor die weer te praat hoewel dit 'n groot rol hier speel. Elke bietjie son of windstil dag, word ter harte waardeer. Ons in Suid-Afrika kan wragtig ons seëninge tel. Ons is nou besig met ernstige reëlings tref vir die groot skuif volgende maand. Die Terios moet verkoop word (snifffff), die fiets ook, en hordes los goedjies moet in plek gesit word. Henk het sy nuwe paspoort gekry, en ook sy internasionale rybewys. Die vliegkaartjies is in plek - en ons gaan tog ons sin kry: gaan langs mekaar in die vliegtuig sit, en saam in Suid-Afrika aanland! Vir die eerste keer! En voor ek nog die pos kan opsit het die son verdwyn!
0 Comments
Your comment will be posted after it is approved.
Leave a Reply. |
Argiewe
July 2020
|