Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Twee weke weer bymekaar

13/2/2015

0 Comments

 
Picture
Die kaarte het toe darem weer reg geval vir ons, toe Henk twee weke gelede toegelaat is om terug Suid-Afrika toe te vlieg. Ons was werklik so verlig - die laaste twee weke het ons ook alles in ons vermoë gedoen om voort te gaan om ons huwelik te beplan. Dié keer is al die dokumentasie reg en ons is deur 'n hele 'screening' proses én goedgekeur. Ons besluit nou oor 'n datum. Daarna kan Henk aansoek doen vir die "relative visa", maar sal eers weer moet terug Holland toe om die uitslag te gaan afwag.

Ons oorweeg dit nog of ek dan saam sal gaan - dalk kan ons bietjie in Duitsland uitkom om materiaal vir artikels te gaan jag. Dit is nog nie definitief nie - ek sien nie regtig kans om die huis weer vir lang tye te los nie - maar tyd sal leer.

Henk het hom gisteraand vergaap aan die parlementêre sirkus - en ek moet sê, dit het my as Suid-Afrikaner lekker skaam gemaak. Ek probeer verduidelik wat alles aangaan, maar ek moet sê, dis makliker gesê as gedaan. Henk moet maar mettertyd gewoond raak aan Suid-Afrika!

Intussen is alles weer terug na normaal - ons werk aan ons boek, doen werkies in en om die huis en ry rond as ons so voel. Ons lekker
Gekko Hoekie
(stoep) bring ons steeds groot vreugde en die laaste week het die blouape elke dag kom kuier - die druiwe is ryp in ons prieel. Ons was ook bly om 'n arendpaar in die lug te sien, reg bo ons lieweheksiehuisie - maak ons tog so gelukkig!

Die kragonderbrekings het ons na alternatiewe energiebronne laat begin kyk - ons raak erg gefrustreerd as ons lekker werk en skielik moet ons vir twee ure sit en wag. Die hitte kry ons nogal bietjie onder - ons sit by waaiers en werk. Henk werk lekker in die studeerkamer  by twee waaiers en ek op my laptop in die kamer met die waaier wat kan sproei - dit help baie want hou die lug klam, anders word my oë met die kontaklense vreeslik maklik krapperig. Ons eet lig, te warm vir swaar kos.

Ons begin effens gemoedsrus kry. Dalk werk alles vorentoe goed uit vir ons? Ek brand maar kerse...


 


0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons