Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Storm ná die stilte ...

30/6/2019

0 Comments

 
Ons nessie in Pretoria - klein maar perfek, vir eers.
Picture
Die afgelope maande het ek hier geswyg. Nie omdat ek wou nie, maar omdat ek bloot nie die tyd of krag kon vind nie. 

Ons lewe het drasties verander: Ons het in Februarie ons tuiste in Sabie verlaat vir die groot stad. Ons was ongelooflik geseënd om ons plekkie daar, mét gastekamers en al, in die dierbare hande van twee oulike familielede te laat.

Ons kon met vrede weggaan.

Die redes waarom ons ons welige, pragtige wêreld verruil het vir Pretoria, is veelvoudig. Vir ons besigheid, Rappard Reise, was dit net die beste keuse. O R Tambo is nader! Ook het ons boekbekendstellings en ander sosiale geleenthede ons sakke seergemaak van daar af.

Persoonlike redes het ingesluit, verlange na kinders en kleinkinders, 'n gevoel van isolasie doer in die berge waar meeste van ons vriende en ons familie al weggetrek het, en die gebrek aan broodnodige fasiliteite vir ons as senior mense.

So het ons die afgelope maande ons voete hier in die stad gevind. Baie van ons besittings bly vir eers nog in bokse want ons woon tans in 'n piepklein flatjie waar ons net die nodigste in kan huisves. 

Maar, ons is sielsgelukkig. Ons het van die begin af ná ons herontmoeting al besef dat ons baie nou kan saamleef. Ons hou daarvan om close te wees!

Ons werk ook baie hard aan ons reisbesigheid - ek wil amper sê dag en nag, want soms beantwoord ons tot laataand toe nog navrae en stuur inligting. Ons is opgewonde. Ons voel ons gee mense die geleentheid om ook te leer reis sonder om die bank te breek - soos ons self geleer doen het.

So ja, liewe leser, ons leef nog, dit gaan goed en ons is omsingel deur nuwighede en uitdagings!
​
Tot straks!
​Stephanie

0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons