Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Sommer bietjie 'zelf medelijden' ...

25/5/2015

0 Comments

 
Picture
Ek haat naweke en aande deesdae met 'n passie! Om nie te praat van beurtkrag, veral saans, nie! Daarom dat ek 'n vriendin wat onlangs vertel het hoe sy beurtkrag 'love' (want dit beteken kerse, snoesig in die bed lê en lees, ens) so kan bewonder. Vir my beteken dit om afgesny van my man  te wees, en dis nié lekker nie.

Ek weet nie hoekom naweke vir my die ergste sonder hom is nie - ons gesels steeds soveel kere moontlik op Skype. Dit is maar net asof naweke nie gemaak is om alleen te wees nie - dis gemaak vir gesellig SAAMwees. Al doen jy nie veel nie, jou ander helfte moet net by jou wees dan is alles sommer net lekker - elkeen met 'n boek, of op die stoep in die sonnetjie, of sommer net saam besluit oor wat om te maak vir ete, of planne met die gastekamer te beraam. Sommer net ...

En mens doen mos nie vir jouself moeite met kos nie - gooi sommer 'n skaaptjop met groenrissie en uie in die oond (banting is nie 'n eensame vrou se vriend oor naweke nie), en voel onvergenoegd maar nie lus om meer moeite te doen nie.

En as jy nou alles gedoen het wat jy kon om die tyd om te kry, soos jou bietjie wasgoed te doen, die paar skottelgoedjies te was en weg te pak, rond te dwaal en goed reg te skuif wat dit nie nodig gehad het nie, langer as nodig in die bad te bly, dan skuif jy jou nou net vroegaand mooi reg om dalk 'n lekker fliek of iets op televisie te kyk - en dan is ALLES herhalings! Jy het jouself in jou hok toegesluit, is op die punt om die alarm te aktiveer en dit is dan dat jy dink, kyk, ek drink nie alleen nie, maar ek gaan wragtig nou vir  my 'n glas wyn ingooi - en net daar is jou hele dieet in sy glory in!

Die ergste is as jy dan maar besluit om bietjie te probeer skryf, of net eindelik weer bietjie met Liefie te Skype, en die krag gaan sonder waarskuwing af - jou liefie se gesig verstar op die skerm en vervaag binne minute. Jou artikel moet blitsig ge'save' word anders verloor jy nog jou werk ook! En hoe toevallig is dit nie dat jy juis op daardie oomblik dalk eindelik in die middel van 'n lekker ou romantiese movie is wanneer alles swart word nie? Dit is dan wanneer die alleenheid en sadness soos 'n swaar, donker wolk oor jou neerdaal ...

Ek het nooit dit van myself geweet nie: dat ek eendag iemand so nodig in my lewe sou hê nie! Voor Henk was ek baie gemaklik om net op my eie te wees, het ek dit verwelkom en soms daarna gesmag. Nou het alles verander, en dit maak my bang. Ek voel 'vulnerable', uitgelewer, en bietjie buite beheer - asof die heelal my bly toets. Noudat ons mekaar weer gekry het, hoekom mag ons nie net bymekaar wees nie? Waarom word al die rotse die heeltyd in ons pad gegooi? My grootste vrees is dat een van ons iets kan oorkom en dan was die laaste twee-en-'n- half jaar AL wat ons gekry het?

Een lewensles wat ek beslis nou leer, is om 'n dieper empatie met werklik eensame mense te hê, mense wat dalk nooit eers die voorreg kon hê waarmee ek so geseën is nie - liefde en omgee, nie net van my man af nie, maar ook my kinders, kleinkinders, vriende en familie. En ek kry skaam ...

Ek gaan NOU kerse aansteek dat my man gou terug by my sal wees - en vir baie krag bid om makliker deur hierdie tye te kom.

Gelukkig skyn die son helder vandag ...


Henk: Reg in my hart. En weet ek maar nie al te goed nie hoe my Liefie moet voel da alleen in die Liewe Heksie Huisie. Ek hoop die Universe is ons goed gestem en dat ek maar vinnig kan hoor of ek my visa kan kry. Dan is ons weer volgende maand saam. En kan ons die eensaamheid voorlopig weer agter ons laat.

Dis vir my tog makliker as vir Faans. Ek is by my suster en swaer. Ons het gister lekker n stukkie in hulle sloep gevaar deur die slote en mere hier. Dit was heerlik. Maar altyd bly die knagende gevoel dat ek nie kompleet is nie. Altyd die gemis van die ene langs my. Al die mooi dinge wat ek belewe kry daardeur tog n "sad" sous.

Kom Faans, ons hou vol. Ek is seker daar is lig aan die end van die donker tonnel.



0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons