Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Kaggelstories

29/8/2014

0 Comments

 
Picture
Man, maar mens kan nie glo hoe een eenvoudige dingetjie mens soms net so verskriklik gelukkig kan maak nie! Dié keer is dit ons nuwe kaggel - het dit op OLX gesien, in die donker gaan haal (dankie tog vir GPS) en in die sitkamer staan kom maak. Die huisieoppikoppie se sitkamer was altyd so sonder 'n fokuspunt en reg vierkantig soos tipies 40's boustyle soms was. Ook het ons huisie betonplafonne, wat dit redelik moelik sou maak om 'n skoorsteen in te bou. Die nuwe kopie is eintlik net 'n 'vals', elektriese kaggel, maar hemel, kan dit darem bydra tot 'n fantastiese atmosfeer! Die kooltjies lyk soos regte kole en daar is selfs vlammetjies en klank (of is dit pure verbeelding?). Nee dit was nou wraggies 'n absolute 'bargain' teen R1250!  En nou is dit ons grootste lekkerte om saans met 'n musiekie en kerse te sit en gesels tot laataand toe.

Klein dingetjies ...

Ook is ons gastekamertjie te pragtig oorgedoen - wat 'n laag verf en klein veranderings darem nie kan beteken vir 'n ou afgeleefde kamer nie. Henk werk hard, die arme man, maar vanoggend kom my verwer van ouds hier aan en kwoteer ons 'n wonderlike prys om aan te gaan met die ander verfwerk -  en ons sugggg 'n sug van pure verligting. Nou kan ons aandag aan ander dinge begin gee.

Die beste nuus wat ons dié week kon ontvang, is dat een van die seuns uit Holland, en sy verloofde, in Januarie vir ons kom kuier - vliegkaartjies is sommer klaar aangeskaf en hulle is vreeslik opgewonde om 'Zuid-Afrika' te kom ontdek. Ook kom ons Hollandse vriende binne twee weke hiernatoe, en daarna sien ons ook baie uit (daarom ook dat ons so hard werk om alles darem leefbaar te kry voor hulle arriveer).

Aan die frustrasiekant het ons nog ons dorings in die vlees. Steeds is die container nog nie hier nie, en die antwoord op Henk se visumaansoek is nog nie terug nie.

Maar die weegskaal bly-bly swaarder weeg aan die positiewe kant - en ons geniet alles net en probeer nie te veel tob oor slegte moontlikhede (visum) nie - alles sal regkom. Of soos Henk gereeld vir my sê: "Alles komt goed, Liefie".

En ek weet hy is reg.



0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons