Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Goede tijden, slechte tijden

29/3/2015

0 Comments

 
Picture
Dis so grys, grys, grys die laaste week hier op die platorand - kon net sowel in Holland gewees het! Die weer het my gedwing om terug te keer studeerkamer toe en te werk aan verskillende skryfprojekte. So, dit het sy voordele partykeer, dié grysheid! Ek het gister sommer drie goed deurgestuur en hoop ek is suksesvol daarmee.

Ek en Henk het 'n warrelwind drie weke agter die rug, uitputtend maar tog ook heerlik. Die knoop is op 6 Maart deurgehaak en na baie feesvierings het ons 'n lekker wittebroodjie in my geliefde vakansiestad, Durban, gaan hou. Te kort, maar ek kon my kinderherinneringe aan vakansies hier, heel suksesvol aan Henk oordra, hoewel my hart gebreek het oor sommige landmerke wat nie meer bestaan nie. Op die reënerige pad terug, is ek jammer om te sê, het ek, as sopliefhebber by uitstek, die heel slegste bakkie sop daar by Van Reenenspas probeer afwurg. Dit was 'n gryse mengelmoes waarvan ek die oorsprong nie kon vasstel nie. Nee magtig, dit maak my kwaad - hoe is dit moontlik dat 'n restaurant nie ten minste 'n ordentlike bak sop kan voorsit nie? Gelukkig het ons later by Yolandie gesmul aan heerlike huiskos - dankie, my kind!

In Holland is daar 'n sepie genaamd
Goede tijden, slechte tijden
. Dit voel partykeer vir my asof ons self ons eie soortgelyke sepie leef - darem meestal goeie tye! Tog loop alles net nooit net glad en maklik vir ons af nie.

Henk het nog net drie weke oor voordat hy moet terug Holland toe, sy gewone visum van 3 maande verval dan en hy moet gaan aansoek doen om 'n langer termyn visum as "spouse". Ons het alweer baie slegte inligting gekry rondom dié saak - as SA-spouse moet ek nou een geweldige groot inkomste kan aantoon voordat hy kan kwalifiseer. Nou vra ek julle, waar kry 'n vryskutskrywer 'n vaste inkomste, wat nog te sê, 'n GROOT een? Die feit dat Henk 'n goeie pensioen ontvang, dra nou skielik geen water meer nie - nee, ék moet nou 'n groot inkomste hê. Ons wag nou alweer vir 'n uitkoms hieroor, maar ons het gister, nadat ons dit verneem het, elkeen net stil aangegaan met beuselagtighede - mens kan nie eers daaroor praat nie. As hy nie die visum kan kry nie, sal hy elke liewe drie maande moet terug Holland toe, en die hemel weet, ons kan dit net nie bekostig nie, dit gaan ons ruïneer! So asseblief, almal wat hier lees, steek vir ons 'n kers aan en stuur 'n gebedjie vir ons op.

Op hierdie heel gryse noot, sluit ek vir vandag af - ek hoop om volgende keer goeie nuus te bring.




0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons