Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Gestrand in Fiumicino

13/9/2018

1 Comment

 
Reisbrokkies 1: Persoonlike ervarings, lag en traan
PictureSonsondergang oor die Medittereense See - hoe mooi is dit nie?
Jippie! Het ons gedink toe ons in Mei dié jaar in Rome land. Ons het maande voor die tyd al alles in detail beplan. Alles was in plek. ʼn Hele maand van avonture het voorgelê. Ons eerste oornag was in Gaeta, suid van Rome, bespreek. Die tweede nag in Napels en die derde in Herculaneum. Wel, so mis ons toe al drie! Sonder om te veel in te gaan oor die redes dat ons vir drie volle dae sonder ʼn huurkar gestrand was, het ons uitgelewer en sonder verblyf in die effens verwaarloosde kusvoorstad van Rome, Fiumicino, beland.

ʼn Duur taxi het ons gaan afgooi en ons stap toe windverwaaid en desperaat by die eerste hotelletjie in Via del Faro 148, Fiumicino, in. Wel, al wat ek daarvan kan sê is: Wat ʼn gelukskoot! Die oulike eienares, Alessandra, van die Rome Airport Inn sien toe seker dadelik ons nood raak en bied vir ons ʼn kamer teen afslag aan. Daar geniet ons die volgende oggend dié beste ontbyt van ons hele reis, deur haar gawe man, Marco, wat alles self voorberei en met swier net bly aandra: Eiers met olyfolie en kruie, vars aarbeie in ʼn sousie, joghurt, muesli, koue vleis, kaas, croissant, vrugte- én tamatiesap, cappuccino, ens, ens, ens. Volgens ons was die ontbyt maklik die helfte van die tarief werd!

Aangesien hulle toe volbespreek was die aand daarna, het die dierbare mense vir ons ander plek bespreek en met hulle ook ʼn laer prys onderhandel. Vriendelike Marco het ons gratis met die shuttle weggebring.
http://www.romeairportinn.com/

In dié dorp het ons kilometers te voet afgelê. Ons het winkels ontdek en eetgoed aangeskaf, ʼn glas wyn saam met die locals by die eenvoudige plekkie op die hoek gaan sit en drink, baie seekos geëet en ons saans verkneukel in die Italiaanse manier van parkeer daar van ons balkon oorkant die Mediterreense See af. Ook het ons besef dat 'n bidet ná ʼn goeie skrop, ideaal kan wees om wasgoed in te was!

Die middag toe ons met ons karretjie, Blackie - 'n Renault Twingo - by Golden Cars uitry, het ons vakansie nie regtig eers begin nie. Fiumicino is ontdek, Ostia se ruïnes en kasteel met verwondering ervaar en bo allles, ons het hartsmense ontmoet en sielskos geproe.

Die volgende oggend het ons in die pad geval en Fiumicino tot siens gewuif. Ons sou tog by Gaeta verbyry, by Napels aandoen en elke oomblik verder geniet.

Klik onder op galery om onderskrifte te sien.
1 Comment
Henk
13/9/2018 12:10:24 pm

Ja, Fiumicino, 'n belewenis apart! Die mense van Airport Inn sal ek altyd onthou! Wat 'n vriendelikheid! Maar ook die eienaar van die "Tabaccheria" en UPS-point en sy seun wat ons in die dae so fantasties het ondersteun! Ostia Antica 'en die ou dorpie Ostia was altwee fantasties om te belewe.

Reply

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons