Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Dankbaarheid

7/4/2014

0 Comments

 
PictureRidderzaal
Mens kan nie anders as om net dankbaar te voel nie. Die laaste week of twee het ons sulke goeie weer hier gehad, soms bietjie koeler as ander, maar dan verras die son mens soms desnieteenstaande die weervoorspelling van die dag. Dit bly dan 'n bonus. Saterdag byvoorbeeld het ons nie veel verwag nie, en tog, daar in die besige middestad, reg oorkant die Hofvijver, drink ons koffie op 'n terrassie, en die son skyn te heerlik op die sonuitgehongerde massas - weer eens, gesigte na die son gedraai asof hulle die son behoorlik innooi in hulle lywe in!

Dan is ek ook innig dankbaar dat my skrywery weer spoed kan optel. Ek was vir maande ongefokus, en skielik het die kreatiewe juices my weer gepak en kan ek weer artikels skryf, én kry van hulle verkoop ook. Wat kan 'n vryskutter soos ek nou meer vra?

En die dankbaarheid strek verder ook, of is dit nader? Die liefde van ons albei se kinders en gesinne dra ons deur moeilike tye; my ma se enkel is amper gesond; dit gaan wonderlik met al die kleinkinders, en ons familielede en vriende oral staan ons by met raad, daad en good vibes! Dankie vir almal, ek hoop ons kan eendag dieselfde vir julle beteken!

Dan laastens, dié week kom baie dinge eindelik tot 'n punt - dit is die einde van slegte tye en die begin van net nog meer goeies vir ons!

So, wie kan my kwalik neem dat ek net gevul is met 'n diepe dankbaarheid?




0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons