Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Ek verlang vandag na my berge

30/8/2013

0 Comments

 
Picture
Soggens vroeg skyn die helder Suid-Afrikaanse son al oor die berge op die stoep. Ek trek dan vinnig my loopskoene aan en sluit agter my vir my oggendstappie. Die strate is doodstil. Ek stap vinnig en asem die vars berglug in. My roete gaan oor heuwels en dale, en die pragtige uitsig sover as wat jy gaan, laat jou vergeet dat jy glad nie 'n maklike wandelpad het nie.
Soms, onder teen die heuwel waar die bome dig is oorkant die straatjie, kom ek 'n hele familie blouapies teë. Hulle skarrel oor die pad en verdwyn die vrugtebome van die tuine in. Ek beskou dit elke keer as 'n gelukskootjie, want is so lief vir die apies met hulle oulike gesiggies en rats lyfies.
Party oggende stap ek hoog teen die berg op tussen die bosbouhuise in, partykeer op die ou houttrein se spore, ander kere dwarsdeur die dorp. Dit bly net mooi paaie. Nou-en-dan sal ek sommer gou 'n vars brood koop op pad terug, of gaan pos uithaal by die poskantoor. Maar gewoonlik stap ek net en dink aan hoe gelukkig ek daar is, hoe geborge ek voel tussen my berge. Soms kry ek die mees wonderlike kreatiewe idees so met die loopslag, soms stap ek saam met 'n goeie vriendin en dan praat ons ons harte teenoor mekaar uit - oor ons kinders, ons bekommernisse, ons hoop en ons drome. Dan kom ons totaal verfris na liggaam en gees tuis, en die dag begin net heeltemal rég!
En vandag mis ek dit as ek so na die 'waterige' sonnetjie hier in koue kikkerland kyk. Nie dat ek nie lief is vir die stad nie, of die see hier 100m van ons af nie waardeer nie. Ek mis net die berge vanoggend, dis al.


0 Comments

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons