![]() Praat ons nou een dag hieroor: 'n mens het eintlik net stiefkinders solank as wat jy met hul moeder/vader getroud is. Sodra die huwelik beëindig word, is die kinders nie meer jou stiefkinders nie - inderwaarheid is julle niks van mekaar nie. Erg dalk om dit te sê, maar mens skei eintlik van hulle ook. Met kleiner kinders kan mens steeds 'n liefdevolle verhouding handhaaf, hulle op gereelde basis sien en steeds 'n ouerlike figuur in hulle lewens wees. Indien die kinders al volwasse is behoort mens dan goeie vriende te wil wees. Wonderlike verhoudings kan vir jare nog voortgesit word indien die behoefte wedersyds bestaan. Ongelukkig verbeur 'n volwasse eks-stiefkind die eer om jou aandag werd te wees indien hy/sy jou nie met respek kan behandel nie. Soms het so 'n eks-stiefkind aangeleerde gedrag, oor hoe om met sy/haar eks-stiefouer om te gaan. Hulle wil jou dan steeds beheer of misbruik soos wat hulle geleer is om te doen in 'n disfunksionele ouerhuis. Waarom sal mens jouself bly blootstel aan die swak gedrag van iemand wat jy gehelp grootmaak het, bygestaan het, finansieel gehelp het, maar nie bloed mee deel nie? Nee wat, dan moet hulle maar gaan, want dan is daar geen rede verder vir 'n verhouding nie. Dan skei mens van hulle ook en begin 'n vars nuwe lewe met mense wat jou respekteer en liefhet, sonder voorbehoude. Eintlik interessant om so daaraan te dink. nie waar nie?
0 Comments
|
Argiewe
July 2020
|