Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Hallo, mijn stad

20/3/2014

0 Comments

 
Picture
Na 'n erg vermoeiende nagvlug Maandag/Dinsdag, en die net so uitputtende trippie met trein en taxi van Schiphol na Den Haag, kon ons eindelik op die bed in ons pragtige klein studio in Scheveningen neerval! Ek met die ergste maagkrampe sedert Yolandie se geboorte, en beide ek en Henk vrekmoeg.

Die reuse televisie in die plek, met honderde DVD's en boeke het ons so gelukkig gemaak en ons het vir dae net flieks gekyk, gelees en gerus. Was darem twee of drie keer uit om proviand aan te skaf en 'n vinnige cappucino in 'n strandkafee te gaan drink. Dis koud, en my vier lae klere kon nie die koue van my lyf afhou nie, maar, dis warmer as verlede jaar se lente, so ons is hoopvol dat ons lekker dae gaan geniet terwyl ons hier is.

Vandag het Roderik en Henk ons goed wat in 'n stoorplek was, gaan uithaal, en nou is ons plek weer vol goed. Ons het tussen alles ook warm klere geberg, en ook my lang boots, en ons is bly dat ons dit nou het om te gebruik. Ek is veral bly oor die boots - ek het besef ek het dit nou nog vir eers nodig. 

Ons beplan om van die goed op Marktplaats (dis soos BidorBuy) te verkoop, so van nou af begin ons werk. Dis nogal 'n job en 'n half om die goed te beskryf, foto's te neem en op internet te plaas én dit dan dop te hou. Ek is ook vuur-en-vlam om te werk aan artikels - het verlede week een verkoop aan 'n tydskrif, en is toe gevra om weer te skryf (iets oor Holland) wat ek nou graag wil aanpak.

Ek is bly om terug te wees in die mooi ou stad, wat vir my so bekend gevoel het van die eerste keer wat ek hier voet aan wal gesit het twee jaar gelede. Ek hoop om per trem mooi foto's te gaan neem vir my artikels. Volgende week egter, bly ons nét hier, want die groot wêreld nuclear summit is hier in die stad aan die gang - wil nie graag in Obama of Putin vasloop nie, dankie!



0 Comments

It is time ...

10/3/2014

0 Comments

 
PictureOns huisie in Nautilusbaai. Wind het ons baie dae weggewaai en daar was geen internetopvangs nie maar ons het dit tog baie geniet.
Dis mos nou vriend Conrad van Londen se geliefkoosde sêding, as mens nou al weer te veel tyd laat verbygaan het om iets gedoen te kry. En ek was in Oktober laas hier. Net té veel het gebeur, en ons was net té besig om by blog-skryf uit te kom.

In 'n neutedop: Ons is toe November Suid-Afrika toe. Uit die koue in 'n warm somer in. Toe is dit Pretoria toe, rondjaag, kar koop, Witrivier toe, Mosselbaai toe, ens, ens, ens. Heerlike kuiertye was aan die orde van die dag - om die kinders en kleinkinders weer te sien was heerlik, en om my oude moeder weer te kon omhels, was wonderlik!

Goeie tye is ervaar en nuwe herinnerings is gemaak saam met vriende en familie. Eerstens was dit so lekker om by Yolandie, Willie en die kinders te gaan uitspan - hulle bederf ons altyd vreeslik! In Nautilusbaai het Melanie en gesin by ons gekuier - ons het unieke tye beleef tydens Kersfees en Oujaar saam met hulle; Chris en Helene het een aand oorgeslaap en daar is tot laatnag musiek geluister en gesels; Tina en Gary het een dag en aand kom braai, en ons het 'n onvergeetlike aand op die stoep geniet;  Jo Kruger het kom ogies wys oppad terug huistoe na haar roadtrip van 5 000 km - en ounag was nét te vinnig op ons! En net toe ons dog die goeie tye is verby, pop Selmé en Matthew in vir een fantastiese naweek! Wat 'n bonus - ons het nog vir laas op Fransmanshoek gaan kuier, waar ons die lewe en sy geheime probeer ontrafel het en was eintlik hartseer om te begin pak en te moes gaan.

En laaste maar beslis nie die minste nie, kon ons wéér by my dierbare niggie, kleinnig en seunskind oorbly, en tog te lekker kuier daar in die Vrystaat. Hulle het ons ook die vorige trippie verras toe neef Piet en Stiena ook kom kuier het, en nig Griet vir ons sulke lekker koffie en koek voorgesit het. En die geséls ... Jimmil, die Hoffmans kan praat, hoor!

Vir almal met wie ons al die goeie tye gedeel het, BAIE DANKIE! Dis 'n seën om met sulke liefdevolle mense omring te wees!

'n Paar faktore het ons aangejaag: Henk se verblypermit is toegestaan net tot 17 Maart; my ma het geval en haar enkel gebreek - dit het ons gedwing om maar op te pak en terug te keer Pretoria toe, en belangrike datums is vasgemaak in Den Haag.

 Ons het maar heelwat teëspoed ook belewe, maar kom ek stel dit sommer dadelik duidelik - NIKS wat gebeur het, kon ons nie hanteer nie, en selfs die suur, skelm en ongepoetste mense wat in dié tyd ons pad gekruis het, kon enige van ons plesier en geluk bederf nie. Al wat mense kan sê is: 'get a life', 'don't worry, be happy',  'daar is belangriker dinge in die wêreld as geld', en laastens, maar beslis nie die minste nie, 'moet tog nie dink ou karma rus op sy louere nie'. ;-)

En nou is die vertrekdatum alweer op ons en dis oorpak, uitpak, inpak. So ongeveer twee maande in Den Haag lê weer voor en ek weet nou al ons gaan verskriklik hard werk om alles daar uit te sorteer! Ons sien ook natuurlik geweldig baie daarna uit om almal daar ook weer te sien, en te sien hoe groot die babas in ons afwesigheid geword het.

En ons hoor gister dié jaar belewe Holland 'n vroeë lente - jippie! Ons is die laaste 3 maande so deur reënweer agtervolg, ek glo nie die koue Kikkerland kan my dié keer afskrik nie!

Tot volgende keer!



0 Comments

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons