Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Alles komt goed, toch?

9/6/2015

0 Comments

 
Mens wil mos dink jy is onaantasbaar en in beheer van alles. Wel die laaste drie jaar moes ek op die harde manier leer dat dit alles net 'n mite is - dat die lewe basies soos daai Candid Camera van ouds is: 'when you least expect it ...' Of dalk soos vriend Conrad glo dat dinge 'out of the blue' moet gebeur.

So is ek, volgens my, fiks en gesond, en stap lekker af winkels toe Donderdag. Ek hét half dronkerig in my kop gevoel, maar gedink dis maar die helder sonlig - tot ek by die apteek instap en besluit om my bloeddruk sommer by Yster, die apteker, te laat neem. OK, die lesing wat hy kry maak my toe totaal paniekerig en ek is blitsig by die dokter oorkant die straat vir 'n ondersoek. 180/100! Hoë bloeddruk! Wat? Nie ek nie!

Ek moes maar die knie buig en erken ek het myself te lank al verwaarloos - sit nie 'n voet by 'n dokter nie, stres my dood, en dink ek is sommer nog 21 jaar oud!

Na medikasie meet my bloeddruk toe gister toe darem 'n heel aanvaarbare 130/90 - maar ek het groot geskrik, en van nou af sal ek dit kalm vat, rustig wees, en ophou skop teen die prikkels - die bere in die pad met 'n buiging by my laat verbygaan (ek belowe, ek sal ten minste hard probeer!)

Ek weet ook nou, onsekerheid maak mens gek, 'n gevoel van onveiligheid maak jou mal, 'red tape' nog maller, en verlange na jou geliefde(s) kan jou hart breek. Nou moet ek bysê - daar is nie altyd iets wat jy daaraan kan doen of verander nie, so, maak vrede! Dit is die enigste manier! Laat dit aan die heelal oor en Alles Komt Goed!

Groete.



0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons