Rimpeleffek
  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons
Stef se Blog



Absorbeer die tye saam

12/1/2018

0 Comments

 
PictureByderwetse trifle vir Kersdag
So het die feestyd gekom en gegaan. Ons het besonderse tye saam met die kinders in Pretoria beleef, Kersboom en grooteet galore! Ou- en Nuwejaar was  baie besonders saam met 'n kuierkind hier in Sabie en na twee weke probeer ons hard om terug na normaal te keer.

'n Eerste Kersfees in my lewe sonder Ma, so ook 'n eerste nuwe jaar ingaan sonder haar - dit was die seer deel van hierdie feesseisoen. Haar heel laaste Kersfees op aarde, haar laaste ou- en nuwe jaar én haar laaste verjaarsdag was sy hier by ons. Hoe waardevol sal dit nie altyd vir my bly nie? Ons het dit vir haar lekker gemaak; ek hoop daar waar sy nou is, koester sy dit nes ons. Ek glo dit eintlik vas, want waarmee ek ookal oor dié tyd besig was, het ek haar teenwoordigheid aangevoel - soms selfs haar stem gehoor sê: "Nee toe nou, Faan, hang die liggies op," of "Moenie nou lui word nie, maak vir julle bietjie slaphakskeentjies vir Kersdag," en soveel meer. Dis asof sy my deur dié tyd gehelp dra het, want my skouers wou-wou hang ... die onthou en seer van verlies het my soms amper onder gekry.

Ma was mal oor Kersfees! Sy het haar hele lewe deur op 16 Desember 'n Kersboom opgesit en versier. Sy was gek daaroor om dié tyd spesiaal vir kinders te maak. Daar is lekkergoed en neute gekoop, koekies gebak en vir weke aan die Kersmaaltyd beplan. Geskenke is gekoop en toegedraai; al was dit soms net iets kleins, sou mens weet, Ma het goed daaroor nagedink om vir elkeen iets spesiaals te kon gee. Later jare toe sy nie meer self kon gaan koop nie, is ons 'n lysie in die hand gestop en moes ons die goedjies gaan aanskaf en toedraai. Verlede jaar het ek en Henk haar in die rolstoel gelaai en kon sy sélf in die winkels rondsoek en besluit wat sy onder die Kersboom in ons sitkamer wou sit. (Henk is nou nog versot op die hemp wat sy vir hom uitgekies het).

Om die plesier wat sulke uitstappies haar gegee het, op haar gesig te kon lees, sal altyd die grootste geskenk vir my wees.

Hierdie feestyd was onwillekeurig 'n ode aan ons Ma, Ouma en Oumagrootjie - haar tradisies is behoorlik by haar nageslag gevestig, daarvan kan sy seker wees: van die Kersboom, Kerskouse en gesoek na Kersvader af, tot by die smul van outydse én moderne geregte en die lekkerte van bymekaar wees.

Vir kosbare oomblikke het ons almal bo die hartseer en verlange uitgestyg en die tyd saam met ons geliefdes ten volle geabsorbeer, ingeasem.

So sou sy dit wou hê ...


0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Argiewe

    July 2020
    June 2020
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    September 2018
    July 2018
    February 2018
    January 2018
    November 2017
    October 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    March 2015
    February 2015
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    October 2013
    September 2013
    August 2013

    RSS Feed

  • Tuisblad
  • Wie 's ons
  • RAPPARD REISE
  • Die Rooi Trem
    • Bestel ons boek, geteken
  • Artikels
  • Reisgedagtes
  • Kontak ons